Kabouter Kampus — Waar klein kabouters se groot drome begin
Kabouter Kampus | Prestige Grondslag-akademie

Uitnemendheid in vroeë kinderontwikkeling.

|

Welkom by Kabouter Kampus

’n Tweede huis waar kleuters van 15 maande tot Gr.R ontwikkel en geborge voel.

Die eerste skooljare is belangrik. Dit is waar kinders leer om te vertrou, te probeer, te deel, te ontdek en hul eie klein persoonlikhede te ontwikkel.

By Kabouter Kampus behandel ons elke kind soos 'n unieke maatjie. Ons fokus nie net op leer nie, maar ook op emosionele groei, selfvertroue, sosiale ontwikkeling en skoolgereedheid.

Hier kan jou kind veilig voel, nuwe dinge probeer en elke dag met 'n glimlag huis toe gaan.

Nuwe Leerling
Aansoekvorm
Inskrywing

Aansoekvorm

Wil jy aansoek doen vir jou kind? Voltooi die aanlyn vorm en ons kontak jou.

📎 Let wel: Aansoek bevestig nie outomaties plasing nie. Ons bevestig eers beskikbaarheid en verdere besonderhede.
Ons Unieke Kurrikulum

Die Kabouter Kampus Verskil

Ons unieke Neuro-ontwikkelingsprogram bou ’n sterk grondslag vir optimale ontwikkeling.

By Kabouter Kampus glo ons kinders ontwikkel die beste wanneer leer, speel en beweging saamwerk. Daarom vorm ons unieke bewegings- en groot-motoriese program deel van ons daaglikse kurrikulum.

Dit is ontwikkel uit jare se ondervinding en fokus op die boublokke van ontwikkeling — van balans, koördinasie en liggaamsbewustheid tot selfvertroue, groepsamewerking en skoolgereedheid.

Ons speel. Ons leer. Ons floreer. 🌱
1
Sensoriese Speel

🖐️ Sensoriese Speel

Kinders ontdek deur voel, beweeg, kyk, luister en speel.

2
Groot-Motoriese Ontwikkeling

🤸 Groot-Motoriese Ontwikkeling

Aktiwiteite wat balans, koördinasie, liggaamsbeheer en beweging ondersteun.

3
Neuro-ontwikkelingsprogram
Ons unieke program

🧠 Neuro-ontwikkelingsprogram

Doelgerigte bewegingsaktiwiteite wat fokus, selfvertroue, liggaamsbewustheid en ontwikkelingsboublokke ondersteun.

Hierdie program sluit beginsels van Edu Reflex, sensoriese spel, ritmiese beweging, NeuroPlay, skoolgereedheidsaktiwiteite en Masgutova/MNRI®-refleksintegrasie in.

4
Groepsamewerking

🤝 Groepsamewerking

Kinders leer om in 'n groep te beweeg, wag, luister, deelneem en saam te werk. Hierdie vaardighede vorm ook deel van ons Bewegingsrevue.

5
Skoolgereedheid

🎓 Skoolgereedheid

Alles werk saam om kinders sterker, meer selfversekerd en gereed vir die volgende fase te maak.

Gelukkige kabouter

Die program is ontwikkel uit jare se ondervinding en fokus op die belangrike boublokke van vroeë kinderontwikkeling. 🌱

Ouderdomsgroepe

Vir elke fase van groei

15 Maande tot 3 Jaar 1

15 Maande tot 3 Jaar

'n Sagte, liefdevolle begin waar klein maatjies leer deur roetine, sensoriese spel, beweging en basiese sosiale interaksie.

3 tot 5 Jaar 2

3 tot 5 Jaar

'n Aktiewe leerfase waar kinders begin bou aan taal, kreatiwiteit, tel, vormherkenning, luistervaardighede en selfstandigheid.

🌟
Graad R 3
Graad R

Skoolgereed met selfvertroue

Ons fokus op skoolgereedheid, konsentrasie, fyn motoriese vaardighede, emosionele gereedheid, vroeë geletterdheid en vroeë wiskundige begrippe.

By Kabouter Kampus is ons Graad R-groepe kleiner, met 2 klasse van 16 kinders, sodat elke kind raakgesien word, hul eie identiteit kan ontwikkel en hul sterkpunte met selfvertroue kan ontdek.

🌟 Ons Graad R verskil

'n Sterk fondasie vir Graad 1 en die jare daarna.

Wat ons Graad R-fase anders maak, is dat hierdie fondasie doelgerig gebou word deur kleiner groepe, bewegingsgebaseerde ontwikkeling en persoonlike aandag aan elke kind. Hier word kinders nie net voorberei vir Graad 1 nie, maar versterk vir die volgende skooljare.

'n Spesiale voordeel:

Slegs maats wat by ons Graad R doen, kan ook ons naskool bywoon. Ons naskool is klein en huisves slegs Graad 1, 2 en 3, sodat kinders steeds in 'n bekende omgewing met persoonlike aandag kan groei.

🛒 Ons Graad R-markdag

Elke jaar kry ons Graad R-maatjies die geleentheid om deel te wees van hul eie spesiale Markdag – ’n dag waarna hulle met groot opgewondenheid uitsien!

Die res van Kabouter Kampus ondersteun ons Graad R-maatjies deur hul stalletjies te besoek en saam deel te wees van die pret. Só leer hulle op ’n speelse manier van beplanning, geld, keuses maak, kommunikasie en selfvertroue.

Dis groot pret en ’n waardevolle praktiese leerervaring waar ons Graad R’e trots kan wees op iets wat hulle self help voorberei en aanbied.

▶ Kyk video
💡 Het jy geweet?
  • Graad R is nie net voorbereiding vir "groot skool" nie. Dit is waar belangrike leer-, luister- en selfvertroue-fondasies vasgelê word.
  • In 'n kleiner groep kry kinders meer kans om te probeer, deel te neem en hul sterkpunte te ontdek.
Meer oor ons

Hoekom ouers Kabouter Kampus kies

Liefdevolle sorg

Liefdevolle sorg

Ons skep 'n omgewing waar kinders welkom, raakgesien en geliefd voel.

Skoolgereedheid

Skoolgereedheid

Ons help kinders om belangrike vaardighede te ontwikkel vir die volgende stap in hul leerpad.

Leer deur speel

Leer deur speel

Kinders leer die beste wanneer hulle speel, ontdek en aktief betrokke is.

Veilige roetine

Veilige roetine

'n Goeie roetine help kinders om geborge te voel en met selfvertroue deel te neem.

Kreatiewe ontwikkeling

Kreatiewe ontwikkeling

Van kuns en beweging tot ontdekking en praktiese aktiwiteite, ons moedig elke kind se verbeelding aan.

Buitemuurse geleenthede

Buitemuurse geleenthede

Kabouter Kampus bied toegang tot verskeie buitemuurse aktiwiteite, insluitend opsies soos dans, rugby, music, witjassies, kinderkinetika, kookaktiwiteite, wiskunde-ondersteuning en meer.

Ons Span

Gekwalifiseerde Personeel

Personeel wat met liefde gekies word

Ons personeel gee om oor die lewens wat hulle elke dag aanraak en verryk. Ons span ontvang deurlopende opleiding om elke kind, hul ontwikkelingsfase en hul unieke behoeftes beter te verstaan. By Kabouter Kampus glo ons dat elke kind raakgesien, ondersteun en met liefde gelei moet word.

Wilna Bekker
👑 Hoof van ons Skool

Wilna Bekker

Juf Joey
Baba Kampus

Juf Joey

Juf Monique
Baba Kampus

Juf Monique

Yvonne
Assistent · Baba Kampus

Yvonne

Gloria
Assistent · Baba Kampus

Gloria

Joline Breytenbach
Kleuters · 2–3 jr

Juf Joline

Elsie
Assistent · Juf Joline

Elsie

Juf Marietjie
Kleuters · 2–3 jr

Juf Marietjie

Mamello
Assistent · Juf Marietjie

Mamello

Juf Aldene
Kleuters · 3–4 jr

Juf Aldene

Lizzy
Assistent · Juf Aldene

Lizzy

Juf Nicolene
Kleuters · 3–4 jr

Juf Nicolene

Joy
Assistent · Juf Nicolene

Joy

Juf Cindy
Kleuters · 3–4 jr

Juf Cindy

Joewy
Assistent · Juf Cindy

Joewy

Elizme Pretorius
Seniors · Gr RR

Juf Elizmé

Juf Leoni
Seniors · Gr RR

Juf Leoni

Ashleigh Enslin
Seniors · Gr R

Juf Ashleigh

Suzelle Roets
Seniors · Gr R

Juf Suzelle

Juf Johandre
Onderwyseres

Juf Johandre

Ivy
Assistent · Juf Johandre

Ivy

Juf Clarise
Naskool

Juf Clarise

Silinah
Kok

Silinah

Jeffrey
Sekuriteit & Onderhoud

Jeffrey

Papi
Onderhoud

Papi

Patritia
Skoonmaak

Patritia

Oom Chris
Ons Nutsman

Oom Chris

Ontmoet ons personeel

Ons Karakters

Elke kabouter het sy eie persoonlikheid

Net soos elkeen van ons Kabouter Kampus-karakters, is elke kind uniek. Party dae is ons vrolik. Party dae is ons skaam. Party dae is ons moeg, laf, nuuskierig of sommer net bietjie knorrig. By Kabouter Kampus help ons kinders om hul emosies te verstaan, hulself uit te druk en met selfvertroue tussen ander maatjies te groei.

Knorrig

Ons leer dat groot gevoelens normaal is.

👆 Kliek op 'n kabouter

'n Baie spesiale hoogtepunt op ons kalender

Ons Senior Revue

Ons Senior-revue by die ERT-teater in Sasolburg is elke jaar 'n groot hoogtepunt vir ons Gr. R-maats.

Dit vorm deel van ons bewegingsgebaseerde benadering en help kinders om deur ritme, beweging en groepsdeelname vaardighede soos luister, fokus, saamwerk en selfvertroue te ontwikkel.

'n Pragtige manier om hul laaste kleuterskoolhoofstuk met vreugde en trots af te sluit.

Kabouter op die verhoog
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Senior Revue
Buitemuurse Aktiwiteite

Meer as net klaskamerleer

Kabouter 1 Kabouter 2 Kabouter 3

Kinders ontwikkel op verskillende maniere. Daarom bied Kabouter Kampus toegang tot verskeie buitemuurse aktiwiteite wat beweging, kreatiwiteit, selfvertroue en nuwe vaardighede aanmoedig.

💃 Dans 🏉 Rugby ⚽ Sokker ⛳ Gholf 🥼 Witjassies 🎵 Musiek 🤸 Kinderkinetika 👩‍🍳 Kookaktiwiteite 📚 Little Readers 🐯 Tiger Club
Dance Mouse
Rugby
Soccer Ballz
Intro Golf
Witjassies
Kindermusik
Kinderkinetika
Culinary Kids
Little Readers
Tiger Club
Gelukkig
Slim
Laf
Sorgsaam
Skooldrag & Items

Skoolbestellings & Items

Kry belangrike ouerinligting, skooldrag, foto-pakkette en spesiale dae op een plek. Wanneer bestellings oopmaak, stuur ons die nodige inligting per WhatsApp aan ouers sodat bestellings maklik geplaas kan word.

👕
Beskikbaar
Kabouter Kampus T-hemp Voor Kabouter Kampus T-hemp Agter
Skooldrag

Kabouter T-Hemp

Amptelike Kabouter Kampus T-hemp — sag, gemaklik en perfek vir elke klein kabouter.

📅 Slegs een keer per jaar: Ons unieke hempies word spesiaal gemaak en bestellings is net gedurende Februarie oop.
R250per item
🧥
Winter
Kabouter Kampus Baadjie Voor Kabouter Kampus Baadjie Agter
Skooldrag

Kabouter Baadjie

Warm Dri-mac skoolbaadjie met fleece aan die binnekant — ideaal vir koue dae.

📅 Slegs een keer per jaar: Ons unieke baadjies word spesiaal gemaak en bestellings is net gedurende Februarie oop.
R350per item
📸
2x per jaar
Skoolfoto's
Herinneringe

Skoolfoto's

Pragtige foto's van jou kind se spesiale skooloomblikke, vasgevang om vir altyd te koester.

📧 Foto's word digitaal na jou e-posadres gestuur.
R160per pakket
🏃
Jaarliks
Atletiekdag foto 1 Atletiekdag foto 2
▶ Video
▶ Video
▶ Video
Aktiwiteit

Atletiekdag

Registreer jou kind vir 'n dag vol pret en gesonde kompetisie op die atletiekbaan. Kyk gerus na ons video's van die pret!

R100per kind
🥇 Sluit 'n medalje in
📄
Vir Ouers
🌟
PDF
Inligting

Inligtingstuk

Alles wat nuwe ouers moet weet. Ons program, ouderdomsgroepe, skoolbenodigdhede en belangrike reëlings op een plek.

🗓️ Word jaarliks opgedateer.
Laai Af
Vir Ouers

Gemoedsrus vir mamma en pappa

Wanneer jy jou kind by 'n skool los, wil jy weet hulle is veilig, gelukkig en goed versorg.

By Kabouter Kampus verstaan ons dit. Ons doel is om 'n plek te wees waar ouers met gemoedsrus kan groet, omdat hulle weet hul kind is in 'n warm, gestruktureerde en omgee-omgewing.

Kabouter met Facebook

Vir meer foto's en video's besoek ons Facebook-blad.

Kom kuier by ons!

Voltooi die vorm en ons sal jou spoedig kontak